In groeigroepe leer lidmate mekaar ken en word bevriend rondom die Woord van God, sodat hulle mekaar op vele lewensterreine kan ondersteun. Groepe vergader weekliks en pak gereeld projekte aan waar daar nood is, of hulp en ondersteuning benodig word. Voortvloeiend uit Sondae se eredienste word die Skrifgedeelte gedurende die week verder bespreek aan die hand van uitgewerkte vrae. Groeigroepbyeenkomste word gehou by die huis van een van die groeplede en onder leiding van ’n leier groei die groep saam in hulle geloofskennis en -uitlewing.
Die materiaal word elke week op die webtuiste gelaai by Kontakkring.
Bedieningsleier: Vera Venter | 072 391 6003
Verantwoordelike leraar: ds Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.| 012 653 5280 | 072 225 7536