logo dkfk

hierdie week

Sondag 1 Mei
08:00 Voorbidding in Kerk
09:00 Familiediens in kerkgebou & uitsending
17:45 Bybelskool
18:30 Leefdiens in kerkgebou en uitsending

Sondag 8 Mei
08:00 Voorbidding in Kerk
09:00 Familiediens in kerkgebou & uitsending
18:30 Leefdiens in kerkgebou en uitsending

youtube Uitsendings

Vorige preekopnames

Kalender 2022

 

Bestuursteun

Die Bestuursteungroep gee aandag aan die fondse, bates, personeel, administrasie, kommunikasie, mediabediening en geleentheidsdienste van die gemeente. Al die ander spanne en bedieninge word hierin ondersteun.

Befondsing

Hierdie span stel die finansiële beleid en prosedures op, neem verantwoordelikheid vir die finansiële beplanning en koördinering van begrotings, asook die beheer oor die vloei van fondse.

Vir bankbesonderhede en verwysing van inbetalings, LEES MEER ...

 

Bedieningsleier: Louis Lotz | 012 667 4505 | 082 334 0366
Finansiële beampte (kantoor): Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.r | 012 653 4114 | 082 566 6715

Batebestuur

Instandhouding en onderhoud van kerkkompleks, terreinversorging, meublement en elektroniese toerusting, en die bateregister. 

 

Bedieningsleier: Lanie Keller | 082 341 7759

Personeel

Die Personeelspan neem verantwoordelikheid vir alle werknemers van die Gemeente vir enige saak wat hulle raak, bv. dienskontrakte, pensioen, verlof, opleiding, onderhandeling en omsien na probleme.

 

Bedieningsleier: Rudolf Visagie | 082 895 1598

Administrasie

Sonder 'n doeltreffende administratiewe en sekretariële steundiens, wat die leraars, Kerkraad en alle ander bedieninge, sowel as alle lidmate ondersteun, kan 'n gemeente nie optimaal funksioneer nie. Hierdie span maak dit moontlik.

 

Bedieningsleier: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. | 012 667 4071 | 072 485 6633

Kommunikasie

Duidelike, funksionele en gereelde kommunikasie binne die gemeente en tussen bedieninge is van onskatbare waarde. Deur die gemeente se webwerf, facebook-blad, weeklikse Familienuus, asook Die Wingerdstok word daar deurlopend terugvoer gegee en inligting gedeel oor die gemeente se aktiwiteite en ander nuuswaardighede.

 

Bedieningsleier: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. | 012 667 3203 | 083 227 8164

Mediabediening

Die mediabediening bedien die eredienste met klank en beeld, LEES MEER ...

 

Bedieningsleier: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. | 012 653 4114 | 082 566 6715

Geleentheidsbediening

"Waar daar tee is, is daar troos". Ons dames verrig barmhartigheidsdiens deur toebroodjies, koffie en tee tydens begrafnisdienste te verskaf. Dit is ook ons verantwoordelikheid om jaarliks die Gemeente-ete te organiseer.

 

Bedieningsleier: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. | 082 896 6913

 

Oorhoofse verantwoordelike leraar: ds Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. | 012 643 0290 | 082 787 4686